Het u swak selfoon sein in u huis of kantoor ?

Ons versterker sisteme bestaan uit `n antenna wat op u dak teen 'n paal geplaas word. Binne in u huis is daar 'n versterker en 'n klein omni antenna. Enige foon in die omni antenna se area het dan weer goeie selfoon sein. Die groot voordeel is dat u nie die selfoon aan die stelsel hoef te koppel nie. Die omni antenna se areas wissel van 10m radius tot 18m radius. U is welkom om die boere wat die stelsel reeds gebruik se kontak besonderhede by ons aan te vra vir u eie bevestiging.